Jeremia 48:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie boodskap gaan oor Moab. Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Ellende wag vir Nebo,die stad sal verwoes word. Die stad Kirjatajim sal verneder en ingeneem word. Hulle sal die vesting verneder en afbreek.

2. Niemand sal meer oor Moab spog nie. In Gesbon beplan hulle ’n komplot teen Moab: ‘Kom ons beëindig hulle voortbestaan as ’n nasie!’ Hulle sal die stad Madmen stilmaak. Geweld sal ook hierdie stad tref!

3. Uit Goronajim klink ’n kreet op: ‘Verwoesting! Groot vernietiging!’

4. Moab se mag is gebreek! Hoor hoe huil die kinders.

5. Hulle vlugtelinge gaan op na Lugit terwyl hulle bitterlik huil; op pad af na Goronajim word smartkrete gehoor oor al die verwoesting.

6. Vlug vir julle lewens! Oorleef soos ’n wildedonkie in die woestyn!

Jeremia 48