Jeremia 4:22-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. “My volk is dwaas, hulle ken My nie. Hulle is soos dom kinders, hulle het geen insig nie. Hulle is slim as dit kom by kwaaddoen. Maar vir goeddoenhet hulle geen talent nie!”

23. Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg. Ek het ook na die hemel gekyk, en daar was geen lig nie.

24. Ek het gekyk na die berge en die heuwels en hulle het gebewe en geskud.

Jeremia 4