19. O die angs, die benoudheid van my pyn! My hart klop onstuimig in my. Ek kan nie stilbly nie. Ek het trompette gehoor,die gedreun van oorlogskrete.
20. Die een ramp volg die ander totdat die land heeltemal verwoes is. Skielik is al wat ’n blyplek en skuiling is, tot niet.
21. Hoe lank gaan ek nog die oorlogsbanier aanskou? Hoe lank gaan ek nog die oorlogsbasuin hoor?
22. “My volk is dwaas, hulle ken My nie. Hulle is soos dom kinders, hulle het geen insig nie. Hulle is slim as dit kom by kwaaddoen. Maar vir goeddoenhet hulle geen talent nie!”
23. Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg. Ek het ook na die hemel gekyk, en daar was geen lig nie.