Jeremia 34:22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek sal die Babiloniese leër opdrag gee om na Jerusalem toe terug te keer. Hulle sal weer teen die stad baklei. Hulle sal die stad inval en aan die brand steek. “Verder sal Ek sorg dat al die dorpe van Juda soos ’n eensame en verlate plek is waar niemand meer bly nie. Ek, die Here, sê dat dit so sal gebeur!”

Jeremia 34

Jeremia 34:14-22