Jeremia 31:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Jy sal weer wingerde plant teen die berghange van Samaria.Die werkers sal die vrugte geniet wat hulle self geplant het.

6. Daar sal ook ’n dag kom waarop die wagte in die heuwels van Efraim sal uitroep: ‘Kom ons gaan na Jerusalem,na die Here ons God!’”

7. Die Here sê: “Sing van blydskap oor Israel! Roep uit vir die vernaamstevan al die volke!Laat hulle julle lofprysing hooren sê:‘Here, red u volk,die oorblyfsel van Israel.’

8. Kyk, Ek sal hulle uit die noorde terugbring. Ek sal hulle uit die uithoeke van die aarde bymekaarmaak. Onder hulle sal blindesen kreupeles wees, ook verwagtende moeders en vroue op die punt om geboorte te gee. ’n Groot getal mense sal hierheen terugkeer!

9. Hulle sal al huilend terugkom, hulle sal bidterwyl Ek hulle teruglei. Ek sal hulle langs strome lei. Hulle sal op ’n reguit pad loop sodat hulle nie kan struikel nie. Ek is Israel se pa. Efraim is my oudste kind.

10. “Nasies, luister na die woord van die Here,vertel dit in veraf kuslande. Die Here het Israel uitmekaar laat spat, Hy sal hulle weer byeenbring. Soos ’n herder sy skape oppas, so sal Hy hulle versorg.

11. Die Here het Israel vrygemaak,hulle losgekoop uit die mag van ’n vyand sterker as hulle.

Jeremia 31