Jeremia 31:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here sê: “Daardie tyd sal Ek al die families van Israel se God wees en hulle sal my volk wees.”

2. Hy sê verder: “Die oorlewendessal in die woestyn genade vind. Daar sal Hy vir Israel rus gee.”

3. Lank gelede reeds het die Heredit aan ons bekendgemaak: “Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.

4. Ek sal jou weer herbou soos jy vroeër was, jong vrou Israel! Jy sal weer jou tamboerynete voorskyn haal.Jy sal dans en vrolik wees.

5. Jy sal weer wingerde plant teen die berghange van Samaria.Die werkers sal die vrugte geniet wat hulle self geplant het.

6. Daar sal ook ’n dag kom waarop die wagte in die heuwels van Efraim sal uitroep: ‘Kom ons gaan na Jerusalem,na die Here ons God!’”

7. Die Here sê: “Sing van blydskap oor Israel! Roep uit vir die vernaamstevan al die volke!Laat hulle julle lofprysing hooren sê:‘Here, red u volk,die oorblyfsel van Israel.’

Jeremia 31