1. Die Here het nog ’n boodskap vir Jeremia gegee. Hy het gesê:
2. “Die Here, die God van Israel, sê: Alles wat Ek vir jou sê, moet jy in ’n boek neerskryf.
3. Die tyd kom dat Ek die omstandighede van my volk Israel en Juda sal verander. Ek sal hulle laat terugkom na hierdie land wat Ek vir hulle voorouers gegee het sodat hulle dit weer in besit kan neem. Ek, die Here, sê dit!”
4. Hier volg die boodskap wat die Here vir Israel en Juda gegee het.
5. Die Here sê: “Ek hoor hoe my volkuitroep van angs!Daar is vrees en nie rustigheid nie.
6. Laat Ek jou ’n vraag vra: Kan mans babas in die wêreld bring?Nou waarom staan hulle dan soos ’n vrou in kraam: hande op hulle heupe, bleek in die gesig?
7. Nog nooit in die geskiedeniswas daar al ooitso ’n verskriklike tyd nie. Dit is ’n tyd van moeilikheid vir Israel,maar op die ou end sal hulle daaruit gered word!
8. “Daardie dag,” sê die Here,die Almagtige,“sal Ek die juk breek wat op julle nekke is en julle boeie verwyder. Geen vreemdeling sal meeroor julle baasspeel nie.
9. Hulle sal My, die Here hulle God, dien. Ek sal ook ’n koning aanstel uit die nageslag van Dawid.”
10. Die Here sê: “Israel, my kneg, moenie bang of verskrik wees nie.Ek sal julle verlos uit ver plekke,en julle nageslag uit ballingskap. Israel sal terugkeer,en weer rus en vrede in hulle eie land hê. Niemand sal hulle bangmaak nie.
11. Ek is by julle en Ek sal julle red, sê die Here. Ek sal die nasies vernietig onder wie Ek julle verstrooi het,maar julle sal Ek nie vernietig nie. Ek dissiplineer julle. Ek kan julle nie ongestraf laat nie.”