Jeremia 3:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. “Op die heuweltoppe hoor ’n mens uitroepe. Dit is die gehuil en gesoebat van Israel se mense. Hulle het afgedwaal en van die Here hulle God vergeet.”

22. Die Here sê:“Ontroue kinders, kom terug na My toe. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.” Hulle het geantwoord:“Ja, ons wil terugkom, want U is die Here ons God!

23. Ons aanbidding van gode op die heuwels is heeltemal vals. Dit is net die Here ons God wat Israel kan red.

24. Van ons kinderjare af het ons die skande gesien,hoe alles verteer word waarvoor ons voorouers gewerk het: hulle beeste, skapeen selfs ook hulle kinders.

25. Van skaamte sink ons weg in die aarde,oordek met skande. Ons en ons voorouers het oor die jare heen teen die Here ons God gesondig. Ons was van jongs af nie gehoorsaam aan die Here ons God nie.”

Jeremia 3