Hulle sê dat hulle die Here se profete is. As dit so is, laat hulle dan tot die Here, die Almagtige, bid oor die kosbare voorwerpe wat in die tempel van die Here, in die paleis in Juda en in Jerusalem oorgebly het. Laat hulle bid dat dit nie ook na Babel weggevat word nie.