Jeremia 23:37-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

37. Vra vir die profete die volgende vraag: ‘Wat het die Here julle geantwoord?’ of: ‘Wat sê die Here?’

38. Maar sê nou hulle antwoord: ‘Die Here het hierdie boodskap vir ons gegee!’ moet jy sê: ‘Die Here sê julle bly sê: Die boodskap kom van die Here af, selfs al het Ek julle gewaarsku om dit nie te doen nie.

39. Omdat julle dit doen, sal Ek heeltemal van julle vergeet. Ek sal My glad nie meer aan julle steur nie. Dit geld ook hierdie stad wat Ek vir julle en julle voorouers gegee het.

40. Ek maak dat mense met julle sal spot. Julle sal in die skande kom en niemand sal dit ooit vergeet nie.’”

Jeremia 23