1. Pasgur, die seun van Immer, was die priester in beheer by die tempel van die Here. Hy het die boodskap gehoor wat Jeremia geprofeteer het.
2. Pasgur het Jeremia gearresteer en hom laat slaan en in ’n voetblok vasgemaak by die boonste Benjaminingang van die tempel.
3. Die volgende dag het Pasgur Jeremia vrygelaat. Toe het Jeremia vir hom gesê: “Pasgur, die Here het jou naam verander. Hy noem jou nou: ‘Verskrikking rondom,’
4. want dit is wat die Here sê: Ek sal sorg dat jy en jou vriende verskrik is van vrees. Jou vyand sal jou vriende voor jou oë met die swaard doodmaak. Ek gee die hele bevolking van Juda oor in die hande van die koning van Babel. Hy sal die mense in ballingskap wegvoer na Babel of met die swaard doodmaak.