Jeremia 2:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die Here vra:“Wat het Ek verkeerd gedoen dat julle voorouers so ver weggedwaal hetvan My af? Hulle het afgode gedienwat nikswerd is.Deur dit te doen, het hulle self waardeloos geword.

6. Hulle het nie eers gedink om te vra nie:‘Waar is die Herewat ons veilig uit Egipte gebring heten ons deur die woestyn gelei het?Die land was droog en vol slote,dor met donker skaduwees.Niemand trek daardeur nie.Geen mense woon daar nie.’

7. Ek het julle gebring na ’n vrugbare land sodat julle die vrugte en die goeie dinge van die land moes geniet. Maar toe julle in my land kom, het julle dit besoedel. Julle het wat Ek vir julle laat erf het, veragtelik gemaak.

8. Die priesters vra nie: ‘Waar is die Here?’ nie.Die regsgeleerdes het nie eers twee keer aan My gedink nie. Die leiers van die land was in opstand teen My.En die profete het namens Baäl geprofeteer.So mors hulle hulle tyd op niks.

9. Om dié rede,” sê die Here, “maak Ek ’n saak teen julle. Ek sal ook julle kinders en hulle kinders in die toekoms aankla.

10. Gaan wes tot by Siprus, en oos tot by Kedar. Kyk mooi wat daar aangaan. Het so iets al ooit gebeur?

11. Het ’n volk ooit hulle gode vir ander gode verruilal is hulle nie regtig gode nie? Tog het my mense My verruil vir gode wat niks werd is nie!

12. Wees geskok, o hemele! Krimp ineen van afgryse,” sê die Here.

13. “My volk het twee bose dinge gedoen: Hulle het My verlaat,die fontein wat lewe gee. En hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.”

Jeremia 2