Jeremia 15:9-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. ’n Ma van sewe kinders sal swak voel en na haar asem snak. Die son het vir haar gesak, al is dit nog dag. Sy is nou kinderloos – wat ’n vernedering is dit nie! Dié wat oorleef, sal Ek aan die vyand oorgee om hulle dood te maak,”sê die Here.

10. “Wee my, Ma, dat u my in die wêreld gebring het. Deur die hele land baklei mense met my. Al het ek niks uitgeleen wat ek terugvraof by ander geleen wat ek nie wil teruggee nie, vervloek almal my.”

11. Die Here het geantwoord: “Dit sal goed gaan met jou.In tye van nood en ellendesal jou vyande jou vraom vir hulle in te tree by My.

12. “Kan ’n mens ’n stuk yster breek, of brons wat uit die noorde kom?

13. Jou rykdom en besittings sal Ek as buit vir die vyand gee oor al jou verkeerde dade.

14. Ek laat jou vyande jou wegneem om as ballinge in ’n vreemde land te gaan leef. Want my woede brand soos ’n vuur en sal julle verteer.”

15. “Here, U weet alles. Dink tog aan my en help my.Straf die mense wat my vervolg! Moenie toelaat dat hulle my doodmaak nie! Wees genadig!Neem tog in ag dat ek ter wille van U bespot is.

16. Toe U gepraat het, het ek noukeurig geluister. Ek het elke woord ingeneem. U woorde het my bly gemaak. Dit het my opgewonde gemaakom te weet dat ek aan U behoort,o Here, God, die Almagtige.

17. Ek het nooit na die volk se vrolike partytjies gegaan nie.Ek het alleen gesit omdat u hand op my was. Ek was verontwaardig oor hulle sonde.

18. Waarom hou my lydingdan net aan en aan? Waarom genees my wonde nie? U hulp is vir my so bedrieglik soos ’n wisselvallige waterstroom,soos ’n fontein wat opdroog.”

19. Die Here antwoord toe: “As jy terugkom na My toe, sal Ek jou herstel sodat jy My weer kan dien. As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê, sal jy namens My kan praat. Jy moet hulle beïnvloed,nie hulle vir jou nie.

20. Ek maak jou ’n muur van bronsvir hierdie volk.Hulle sal teen jou veg,maar sal jou nie oorwin nie.Ek sal jou beskermen jou red,” sê die Here.

21. “Ek sal jou red uit die mag van hierdie slegte mense,en jou beskermteen hulle wreedheid.”

Jeremia 15