Jeremia 1:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hier is die woorde van Jeremia seun van Gilkija, ’n priester van Anatot in die Benjamingebied.

2. In die dertiende jaar van koning Josia van Juda se regering het die boodskap van die Here na hom gekom. Josia was die seun van Amon.

3. Die Here het aangehou om vir Jeremia boodskappe te gee, ook in die tyd van koning Jojakim, die seun van Josia, tot in die elfde jaar van koning Sedekia se bewind. In Augustus van daardie jaar is baie van die mense van Jerusalem in ballingskap weggevoer.

4. Die Here het vir my ’n boodskap gegee. Hy het gesê:

5. “Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.”

6. Ek het geantwoord:“Nee, oppermagtige Here, ek kan nie goed praat nie. Ek is ook te jonk!”

7. Maar die Here het geantwoord en gesê:“Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle.

8. Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm! Ek is die Here wat so sê.”

9. Toe het die Heresy hand uitgesteek en aan my mond geraak. Hy het vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond gesit.

Jeremia 1