Jakobus 1:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

8. Hy is iemand wat nie tot ’n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie.

9. Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee.

10. Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou.

11. Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan.

12. Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet.

Jakobus 1