Daar sal julle nie wyn as ’n offer vir die Here uitgiet nie en niks van julle offers sal Hom aanstaan nie. Sulke offers sal net so onrein wees soos kos uit ’n huis waar daar gerou word: elkeen wat dit eet, sal ook onrein wees. Julle mag dit self eet, maar dit mag nie in die huis van die Here gebring word nie.