5. “Samaria, Ek verwerp hierdie kalf, hierdie afgodsbeeld van julle. My woede het teen julle ontvlam. Hoe lank nog sal hulle onrein bly?
6. Julle kalf kom uit Israel – ’n ambagsman het dit gemaak! Dis nie ’n god nie! Daarom sal daar net splinters van die kalf van Samaria oorbly.
7. “Hulle het wind gesaai en sal ’n storm oes.” As die koring nie are maak nie, sal daar geen meel wees nie. En as daar enigsins koring is, sal vreemdelinge dit insluk.
8. Israel is reeds ingesluk. Onder die nasies is hulle soos ’n voorwerp wat niemand meer wil hê nie.
9. Israel het na Assirië toe gegaan net soos ’n eensame wildedonkie wat na ’n maat soek, en het vir homself minnaars gaan koop.
10. Maar al het hy bondgenote onder baie lande gehuur, sal Ek hulle nou bymekaarmaak. Dan sal hulle swaarkry onder die las van die magtige koning.