Hosea 8:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Maak alarm! Die vyand is soos ’n arend wat draai oor die huis van die Here. Hulle het my verbond verbreek en teen my voorskrifte in opstand gekom.

2. Nou pleit Israel by My: ‘Help ons, want ons ken U, ons God!

3. Maar dit is te laat! Die volk Israel het die goeie dinge verwerp; nou sal sy vyande op hom jag maak.

4. Hulle het konings en amptenare aangestel, maar dit was sonder my goedkeuring. Hulle het vir hulleself afgode van silwer en goud gemaak, maar dit was tot hulle eie vernietiging.

5. “Samaria, Ek verwerp hierdie kalf, hierdie afgodsbeeld van julle. My woede het teen julle ontvlam. Hoe lank nog sal hulle onrein bly?

6. Julle kalf kom uit Israel – ’n ambagsman het dit gemaak! Dis nie ’n god nie! Daarom sal daar net splinters van die kalf van Samaria oorbly.

Hosea 8