Hosea 12:13-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Jakob moes na Aram toe vlug, Israel moes slawediens doen om ’n vrou te kry. Om ’n vrou te kry, moes hy skape oppas.

14. Die Here het deur ’n profeet Jakob se afstammelinge, die Israeliete, uit Egipte gelei. Die profeet het hulle gelei en beskerm.

15. Maar die volk Israel het die Here baie uitgetart en verdien die dood. Daarom sal die Here hulle straf oor hulle dade.

Hosea 12