Hosea 10:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Ek het gesê: ‘Saai die goeie saad van geregtigheid en julle sal ’n opbrengs van my liefde oes. Ploeg die nuwe grond van julle harte, want dis nou die tyd om die Here te soek sodat Hy kan kom en geregtigheid oor julle uitstort.’

13. “Maar julle het boosheid ingeploeg en ’n oes van sondes gekweek. Julle het die vrugte van leuens geëet. Jy het vir jou veiligheid staatgemaak op jou planne en jou militêre mag.

14. Nou sal die ellende van oorlog op jou volk toesak. Al jou versterkte stede sal verwoes word net soos toe Salman vir Bet-Arbel verwoes het. Toe is selfs ma’s en kinders doodgeslaan.

15. Bet-El, weens julle groot boosheid sal dieselfde lot julle tref. Teen dagbreek sal die koning van Israel daarmee heen wees.”

Hosea 10