6. Kort daarna het Gomer weer verwag en ’n dogter is gebore. Toe sê die Here vir Hosea: “Noem haar Lo-Rugama (‘Geen-ontferming’), want Ek sal My nie langer ontferm oor die volk Israel en hulle vergewe nie.
7. Maar Ek sal aan die mense van Juda ontferming betoon as die Here hulle God. Ek self sal hulle bevry van hulle vyande sonder die hulp van wapens of militêre magte.”
8. Nadat Gomer vir Lo-Rugama gespeen het, het sy weer swanger geword en ’n seun is gebore.
9. Toe sê die Here: “Noem hom Lo-Ammi (‘Nie-my-volk-nie’), want Israel is nie meer my volk nie en Ek is nie meer hulle Verbondsgod nie.