Hooglied 4:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Jy is mooi, my beminde,so pragtig! Jou oë agter jou sluier is soos die oë van ’n duif.Jou hare golf weg soos bokke wat afstroom teen die Gileadberge.

2. Jou tande is so wit soos skape, so pas geskeer en gewas. Hulle is almal tweelinge en nie een van hulle is alleen nie.

3. Soos rooi, gevlegte lint is jou lippe, pragtig is jou mond. Soos lieflike, geurige granateis jou wange onder jou sluier.

4. Jou nek is so sierlik soos die Dawidstoring wat versier is met duisend skilde van sy helde.

5. Jou twee borste is soos tweeling-takboklammers wat tussen die lelies wei.

6. Wanneer die dag aanbreeken die skaduwees verdwyn, wil ek na die berg van mirre toe gaan, na die heuwel van wierook.

7. My beminde, alles aan jou is mooi. Daar is geen fout aan jou nie.

Hooglied 4