Hooglied 1:6-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. “Moenie my so staan en bekyk omdat ek donker is nie. Die son het my so gebrand. My broers was kwaad vir my. Daarom het hulle my die wingerde laat oppas. My eie wingerd moes ek verwaarloos.

7. Sê vir my, my liefling, waar laat jy jou kleinvee wei? Waar gaan jy met hulle oorstaan vanmiddag? Hoekom moet ek my agter ’n sluier versteekom na jou te gaan soek by die veetroppe van jou vriende?”

8. “As jy nie weet nie, mooiste van die vroue,loop op die spore van die skape en laat jou bokkies weidaar by die veewagters se tente.

9. “My beminde, jy is vir my soos ’n perd voor die farao se oorlogwa.

10. Jou wange is pragtigmet oorbelle versier. Jou nek is mooi met juwele versier.

Hooglied 1