1. Die eerste verbond het voorskrifte vir die erediens en ’n aardse heiligdom gehad.
2. Wat die aardse heiligdom betref: die verbondstent het twee vertrekke bevat. In die eerste een, dié een wat die Heilige genoem word, het die kandelaar en die tafel met die offerbrode gestaan.
3. Aan die agterkant van die Heilige was daar ’n tweede gordyn, en daaragter was die tweede vertrek wat bekend gestaan het as die Allerheiligste.