Handelinge 28:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Nadat ons veilig aan wal gekom het, het ons uitgevind dat die eiland Malta genoem word.

2. Die inboorlinge was buitengewoon vriendelik teenoor ons. Dit het begin reën en dit was koud. Hulle het toe ’n vuur aangesteek en ons almal genooi om daar te kom sit.

3. Paulus het ’n klomp hout bymekaargemaak en op die vuur gegooi. Van die hitte het daar ’n slang uitgekom en hom aan sy hand gepik.

4. Toe die inboorlinge die gedierte aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is beslis ’n moordenaar. Al is hy uit die see gered, het geregtigheid hom nie toegelaat om te bly lewe nie.”

5. Paulus het egter die ongedierte in die vuur afgeskud en geen nagevolge gehad nie.

Handelinge 28