Handelinge 26:26-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Die koning is verseker bewus van hierdie dinge, en met hom praat ek openhartig. Ek is doodseker dat niks hiervan sy aandag ontglip het nie, want dis nie iets wat êrens in ’n hoekie gebeur het nie!

27. Koning Agrippa, glo u die profete? Ek weet u glo ... ”

28. Agrippa val Paulus in die rede: “Jy wil sommerso in ’n japtrap van my ’n Christen maak!”

29. “Of dit nou ’n oomblik of langer sou vat,” antwoord Paulus, “ek bid God dat nie net u nie, maar almal wat vandag na my luister, gelowiges sal word soos wat ek is, maar natuurlik net sonder hierdie boeie.”

30. Toe het die koning opgestaan, en ook die goewerneur en Bernice en dié wat saam met hulle daar gesit het.

31. Terwyl hulle uitgaan, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man doen niks wat die dood of tronkstraf verdien nie.”

32. Agrippa sê toe vir Festus: “Hierdie kêrel kon vrygelaat gewees het as hy nie na die keiser geappelleer het nie!”

Handelinge 26