Genesis 49:8-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. “Juda, jou broers sal jou prys.Jy sal jou vyande onderwerp.Jou broers sal voor jou buig.

9. Juda is ’n jong leeuwat pas sy prooi verslind het.Soos ’n leeu rek hy uit en gaan lê,soos ’n leeumannetjie, en wie salhom steur?

10. Die mag sal nie van Juda weggeneem word nie,ook nie die heerskappy van sy nasate nie,totdat die een kom aan wie dit behoort,die een vir wie die nasies sal gehoorsaam.

11. Hy maak sy donkie vas aan ’n druiwestok,die vul van sy donkie aan die bestewingerdstok.Hy was sy klere in wyn,sy kleed in druiwemos.

12. Sy oë is donkerder as wynen sy tande witter as melk.

13. “Sebulon sal hom vestig aan die kus by die seeen sal ’n hawe wees vir skepe.Sy grense sal tot by Sidon strek.

14. “Issaskar is ’n sterk pakdierwat rus by die veekrale.

15. Wanneer hy sien hoe goed die plekis,hoe mooi die landstreek,sal hy ’n las vrywillig draen hom aan dwangarbeid onderwerp.

16. “Dan sal regspreek oor sy mense as een van die stamme in Israel.

17. Hy is ’n slang langs die pad,’n giftige adder langs die voetpad wat pik na die hakskeen van perdeen die ruiter agteroor laat val.

18. Ek wag op u verlossing, o Here!

19. “Gad sal deur rowerbendes geplunder word,maar hy sal hulle aanval van agter af.

20. “Aser sal voedsame kos produseer,voedsel geskik vir ’n koning.

21. “Naftali is ’n bok wat vrygelaat isen pragtige lammers voortbring.

22. “Josef is ’n vrugbare boom,’n vrugbare boom by ’n fontein.Sy takke strek oor die muur.

23. Hy word aangeval deur boogskutterswat na hom skiet en hom teister.

24. Maar sy boog het sterk gebly, sy arms het meer krag gekrydeur die Magtige Een van Jakob,die Herder, die Rots van Israel.

25. Mag die God van ons vaders jou help;mag die Almagtige jou seënmet die seëninge uit die hemel daarbo,seëninge van die aarde hieronder,en seëninge van borste en moederskoot.

26. Mag die seëninge van jou pameer wees as die seëninge van die ewige berge,as die oorvloed van die eeue oue heuwels.Hierdie seëninge sal op die kop van Josef kom,hy wat die leier is onder sy broers.

Genesis 49