30. Dit is die grot van Makpela, naby Mamre in Kanaän, wat Abraham van Efron die Hetiet as ’n permanente begraafplek gekoop het.
31. Abraham en sy vrou Sara is daar begrawe. Daar is ook Isak en sy vrou Rebekka begrawe. En daar het ek vir Lea begrawe.
32. Dit is die grot wat my oupa Abraham van die Hetiete gekoop het.”
33. Toe Jakob klaar was met sy opdragte, het hy sy voete in sy bed opgetrek, sy laaste asem uitgeblaas en gesterf.