Genesis 47:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die farao sê vir Josef: “Aangesien jou familie hulle nou by jou aangesluit het,

6. kies gerus enige plek waar hulle kan woon. Gee hulle die beste van die land Egipte. Die Gosenstreek sal goed wees. As enigeen van hulle oor besondere vaardighede beskik, laat hulle ook oor my veeboerdery toesig hou.”

7. Josef het ook vir Jakob, sy pa, gebring en hom aan die farao voorgestel. Jakob het die farao geseën.

8. “Hoe oud is jy?” vra die farao.

9. “Ek lewe al 130 jaar as ’n vreemdeling,” antwoord Jakob. “In vergelyking met my voorouers is my jare min, maar egter vol swaarkry.”

10. Net voordat hy vertrek, het Jakob weer die farao met ’n seën gegroet.

Genesis 47