Genesis 46:8-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Dit is die name van die Israeliete, die nageslag van Jakob, wat saam met hom na Egipte toe gegaan het: Ruben, Jakob se oudste seun.

9. Die seuns van Ruben was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

10. Simeon en sy seuns Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin, Sogar en Saul, die seun van ’n Kanaänitiese vrou.

11. Levi en sy seuns Gerson, Kehat en Merari.

12. Juda en sy seuns Sela, Peres en Serag. Juda se ander seuns, Er en Onan, het al vroeër in Kanaän gesterf. Peres se seuns was Gesron en Gamul.

13. Issaskar en sy seuns Tola, Puwwa, Job en Simron.

14. Sebulon en sy seuns Sered, Elon en Jagleël.

15. Dit is die 33 seuns en kleinseuns wat Lea vir Jakob in Paddan-Aram in die wêreld gebring het. Sy het ook ’n dogter Dina gehad.

16. Gad en sy seuns Sifjon, Gaggi, Suni, Esbon, Eri, Arod en Areli.

17. Aser en sy seuns Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria, en hulle suster Serag. Die seuns van Beria was Geber en Malkiël.

18. Dit is die sestien afstammelinge wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Silpa vir sy dogter Lea as slavin gegee.

19. Josef en Benjamin was die seuns van Jakob se vrou Ragel.

20. In Egipte is twee seuns vir Josef gebore. Asenat, dogter van Poti-Fera, priester van On, het aan hulle geboorte gegee. Hulle was Manasse en Efraim.

21. Benjamin se seuns was Bela, Beker, Asbel, Gera, Naäman, Egi, Ros, Muppim, Guppim en Ard.

Genesis 46