Genesis 46:17-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Aser en sy seuns Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria, en hulle suster Serag. Die seuns van Beria was Geber en Malkiël.

18. Dit is die sestien afstammelinge wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Silpa vir sy dogter Lea as slavin gegee.

19. Josef en Benjamin was die seuns van Jakob se vrou Ragel.

20. In Egipte is twee seuns vir Josef gebore. Asenat, dogter van Poti-Fera, priester van On, het aan hulle geboorte gegee. Hulle was Manasse en Efraim.

Genesis 46