5. het die skinker en die bakker elkeen in die nag ’n droom gehad met ’n eie betekenis.
6. Die volgende oggend sien Josef dat die twee baie neerslagtig lyk.
7. “Hoekom lyk julle vanmôre so bedruk?” vra hy.
8. Hulle antwoord hom: “Albei van ons het laas nag gedroom, maar niemand kan dit vir ons verklaar nie.”“Om drome te verklaar, is die werk van God,” antwoord Josef. “Vertel my wat julle gedroom het.”
9. Die hoof van die skinkers vertel sy droom eerste. “In my droom,” sê hy, “het ek ’n wingerdstok voor my gesien.
10. Dit het drie lote gehad wat begin bot en blom het en gou was daar trosse ryp korrels.
11. Ek het die farao se beker in my hand gehad. Ek pluk toe van die druiwe en druk die sap daarin uit. Toe gee ek dit vir Farao.”
12. “Dit is wat dit beteken,” sê Josef. “Die drie lote dui op drie dae.
13. Binne drie dae sal Farao jou uit die tronk laat haal en jou herstel in jou vorige posisie as hoofskinker.
14. En, asseblief, dink aan my wanneer dit weer met jou goed gaan. Noem my naam by Farao en vra hom om my uit hierdie plek vry te laat.
15. Want ek is ontvoer uit my geboorteland, die land van die Hebreërs. Nou is ek in die tronk gesmyt sonder dat ek iets verkeerds gedoen het.”