19. Drie dae van nou af sal Farao jou kop afkap en jou liggaam aan ’n paal ophang. Die voëls sal dan jou vleis kom afpik.”
20. Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag. Hy het ’n groot feesmaal gereël vir al sy amptenare. Hy laat haal toe die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers en verhoor hulle voor almal.
21. Hy het die hoof van die skinkers in sy ou pos herstel om soos vroeër weer die beker vir die farao aan te gee.
22. Maar die hoof van die bakkers het hy aan ’n paal laat ophang – alles presies soos Josef gesê het.
23. Tog het die hoof van die skinkers nie weer aan Josef gedink nie. Hy het heeltemal van hom vergeet.