1. Hier volg die familieregister van die afstammelinge van Esau (ook Edom genoem).
2. Esau het met twee Kanaänitiese meisies getrou. Dit was Ada, dogter van Elon die Hetiet, en Oholibama, die dogter van Ana en kleindogter van Sibon die Hewiet.
3. Hy het ook getrou met sy niggie Basemat, dogter van Ismael en die suster van Nebajot.
4. Esau en Ada se seun was Elifas. Die naam van Esau en Basemat se seun was Reüel.
5. Esau en Oholibama se seuns was Jeüs, Jalam en Korag. Al hierdie seuns is vir Esau in die land Kanaän gebore.
6. Esau het met sy vroue, kinders, slawe, beeste en kleinvee en al die besittings wat hy in die land Kanaän bekom het, weggetrek van sy broer Jakob.