1. Teen hierdie tyd was Abraham ’n baie ou man. Die Here het hom op alle terreine geseën.
2. Op ’n dag sê hy vir die oudste slaaf wat oor sy huishouding aangestel is: “Kom sit jou hand hier,
3. en lê ’n eed af by die Here, die God van die hemel en die aarde, dat jy nie sal toelaat dat my seun met een van hierdie plaaslike Kanaänitiese meisies trou nie.
4. Gaan liewer na my geboorteland en my bloedverwante en soek daar ’n vrou vir my seun Isak.”
5. Die slaaf antwoord hom: “Sê nou net ek kry nie ’n jong vrou wat bereid is om saam met my te kom nie? Mag ek Isak dan soontoe neem om weer by u bloedverwante te woon?”