Genesis 22:14-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Abraham het toe die plek genoem “Die Here voorsien”. Hierdie naam het sedertdien ’n spreekwoord geword: “Op die berg van die Here sal voorsien word.”

15. Die engel van die Here roep toe weer uit die hemel na Abraham:

16. “Die Here sê: ‘Omdat jy My gehoorsaam het en nie eens jou geliefde seun van My weerhou het nie, neem Ek ’n eed

17. dat Ek jou oorvloedig sal seën. Ek sal jou nageslag vermenigvuldig tot ’n ontelbare menigte, soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see en hulle sal hulle vyande oorwin.

Genesis 22