1. Abraham het suidwaarts na die Negev getrek en ’n tyd lank tussen Kades en Sur gewoon. Toe hy in Gerar gewoon het,
2. het hy daar rond vir die mense vertel dat sy vrou Sara sy suster is. Koning Abimelek van Gerar laat haar toe haal om met haar te trou.
3. In die nag verskyn God toe in ’n droom aan Abimelek en sê vir hom: “Jy speel met die dood, want daardie vrou wat jy geneem het, is alreeds getroud.”
4. Abimelek het toe nog geen omgang met haar gehad nie, en sê: “Here, sal U ’n onskuldige nasie doodmaak?