Genesis 16:10-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die engel van die Here sê ook: “Ek sal vir jou ’n groot nageslag gee wat nie getel kan word nie.”

11. Die engel van die Here sê toe weer vir haar: “Jy is nou swanger met ’n seun wat jy in die wêreld gaan bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het jou noodkreet gehoor.

12. Hierdie seun van jou sal ’n wilde mens wees, soos ’n wildedonkie. Hy sal teen almal wees en almal sal teen hom wees. Hy sal in konflik lewe met sy broers.”

13. Van toe af het Hagar die Here wat met haar gepraat het, genoem “die God wat my sien”, want sy het gesê: “Ek het die Een gesien wat my gesien het!”

14. Dit is hoekom hierdie put Lagai-Roï-fontein genoem word. Dit is nog steeds tussen Kades en Bered.

15. Later het Hagar vir Abram ’n seun in die wêreld gebring. Abram het hom Ismael genoem.

16. Abram was toe 86 jaar oud toe Hagar Ismael vir hom in die wêreld gebring het.

Genesis 16