13. Die inwoners van hierdie gebied was sleg en het baie teen die Here gesondig.
14. Nadat Lot vertrek het, sê die Here vir Abram: “Kyk ’n bietjie rond in alle rigtings, so ver as wat jy kan sien.
15. Die hele land wat jy sien, gaan Ek vir jou en jou nageslag as permanente eiendom gee.
16. Ek gaan vir jou soveel afstammelinge gee dat hulle, net soos die stof op die aarde, nie getel kan word nie.
17. Kom, trek nou kruis en dwars deur die land, want Ek gee dit vir jou.”
18. Daarna het Abram sy kamp verskuif na die groot bome van Mamre, naby Hebron. Daar het hy ’n altaar vir die Here gebou.