Genesis 10:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Een van Kus se nakomelinge was Nimrod, die eerste krygsman op aarde.

9. Hy was ’n voortreflike jagter voor die Here. Sy naam het soos ’n spreekwoord geword en mense het gesê: “Soos Nimrod, die beroemde jagter voor die Here.”

10. Met die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne het hy die grondslag vir sy ryk in Sinar gelê.

11. Daarvandaan het hy sy ryk na Assirië toe uitgebrei. Daar het hy Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou.

12. Tussen Nineve en Kalag het hy ook Resen, wat ’n groot stad was, gebou.

13. Egipte was die voorvader van die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,

14. Patrosane, Kaslugiete en Kaftoriete uit wie die Filistyne afgestam het.

15. Kanaän se oudste seun was Sidon, die voorvader van die Sidoniërs. Kanaän was ook die voorvader van die Hetiete,

Genesis 10