7. Die koning het woedend van die ete af opgespring en uitgegaan na die tuin van die paleis. Haman het by koningin Ester agtergebly om vir sy lewe te smeek. Hy het gesien dat dit verby was met hom by die koning.
8. Net toe die koning van die tuin van die paleis af terugkom na die vertrek waar die onthaal gegee is, kry hy Haman besig om op die bank waarop Ester sit, neer te val. Die koning skreeu toe vir hom: “Wil jy nou ook nog die koningin by my in my paleis verkrag?” Die koning het bevel gegee en sy amptenare het Haman in hegtenis geneem.
9. Garbona, een van die koning se amptenare, sê toe vir hom: “Haman het by sy huis ’n paal laat inplant van 23 meter hoog om vir Mordegai, wat destyds die koning gered het, daaraan op te hang.” Toe sê die koning: “Hang hóm daaraan op!”
10. Hulle het Haman toe opgehang aan die paal wat hy vir Mordegai laat oprig het. Die koning se woede het toe afgekoel.