Ester 2:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Mordegai het daarvan gehoor en vir koningin Ester daarvan laat weet. Ester het dit toe namens Mordegai aan die koning gaan oorvertel.

23. Toe die gerug ondersoek word, is gevind dat dit waar is. Die twee mans is toe opgehang. Die gebeurtenis is voor die koning in die geskiedenisboek van sy regering opgeteken.

Ester 2