21. Die Israeliete wat uit ballingskap teruggekeer het, het die paasmaal geëet saam met ander mense van die land. Dit was van die mense wat nie langer aan afgodsdiens deelgeneem het nie, maar die Here, die God van Israel, gedien het.
22. Hulle het vir sewe dae lank die Fees van die Ongesuurde Brood gevier. Die mense in die land was baie bly, want die Here het die gesindheid van die Assiriese koning teenoor hulle verander. Die koning het hulle gehelp sodat hulle die tempel van God, die God van Israel, kon herbou.