Esra 10:19-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Hulle het onderneem om van hulle vroue te skei en het ’n ram as versoeningsoffer vir hulle misdaad teen God geoffer.

20. Uit die familie van Immer: Ganani en Sebadja.

21. Uit die familie van Garim: Maäseja, Elia, Semaja, Jegiël en Usija.

22. Uit die familie van Pasgur: Eljoënai, Maäseja, Ismael, Netanel, Josabad en Elasa.

23. Uit die Leviete: Josabad, Simeï, Kelaja, ook Kelita genoem, Petagja, Juda en Eliëser.

24. Uit die sangers: Eljasib. Uit die poortwagte: Sallum, Telem en Uri.

25. Onder die ander Israeliete: Uit die Parosfamilie: Ramja, Jissija, Malkija, Mijamin, Eleasar, Malkija en Benaja.

26. Uit die Elamfamilie: Mattanja, Sagaria, Jegiël, Abdi, Jeremot en Elia.

27. Uit die Sattufamilie: Eljoënai, Eljasib, Mattanja, Jeremot, Sabad en Asisa.

28. Uit die Bebaifamilie: Joganan, Gananja, Sabbai en Atlai.

29. Uit die Banifamilie: Mesullam, Malluk, Adaja, Jasub en Seal-Jeremot.

30. Uit die Pagat-Moabfamilie: Adna, Kelal, Benaja, Maäseja, Mattanja, Besaleël, Binnuï en Manasse.

Esra 10