Esegiël 9:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Toe kom daar ses mans van die boonste hek af aan die noordekant, elkeen met ’n wapen in die hand waarmee hulle kan doodmaak. Een van hulle het klere van linne aangehad met ’n skrywer se gereedskap aan sy sy. Hulle het almal in die tempel se voorhof ingegaan en daar langs die bronsaltaar gaan staan.

3. Toe het die heerlikheid van die God van Israel opgestyg van tussen die gerubs, waar dit gebly het, en beweeg na die drumpel van die tempel. Die Here het geroep na die man met linneklere aan en skrywersgereedskap by hom.

4. Hy sê toe vir hom: “Gaan stap deur die strate van Jerusalem en sit ’n merk op die voorkop van elkeen wat huil en sug oor al die afskuwelike sondes wat hulle rondom hulle sien.”

5. Toe hoor ek die Here sê vir die ander mans: “Loop agter hom aan deur die stad en maak almal dood wat nie ’n merk op hulle voorkop het nie. Julle mag geen genade bewys nie! Julle mag niemand jammer kry nie!

Esegiël 9