Esegiël 7:9-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Ek sal jou nie verskoon enjou nie jammer kry nie. Ek sal jou straf oor jou gedrag en al jou afskuwelike dade. Dan sal jy weet dis Ek, die Here, wat jou geslaan het.

10. “Die dag van oordeel is hier. Jou vernietiging wag! Die volk se afskuwelike dade en trots het ’n klimaks bereik.

11. Geweld sal teen hulle losbreek as straf oor hulle afskuwelike optrede. Van die trotse en bose mense sal nie een oorleef nie.Al hulle skatte sal saam met hulle vergaan.

12. Ja, die tyd het gekom! Die dag is hier dat die een wat koop, nie bly moet wees nie, en dié wat verkoopnie spyt sal wees nie, want my woede rus op almal in die land.

13. Sou enige handelaars oorleef, sal hulle nooit weer kan terugkeer na hulle besigheid nie.Want wat Hy gesê het, geld vir almal. Dit kan nie verander word nie! Nie een mens se lewedeur sonde verwring, sal herstel nie.”

14. “Die trompette roep Israel se weermag op om gereed te maak vir die geveg,maar niemand luister daarna nie. My woede is teen hulle gerig.

15. Enigiemand wat dit buite die stadsmure waag, sal deur die vyand doodgemaak word. En dié wat in die stad agterbly, sal doodgaan van hongersnood en pessiektes.

16. Die enkeles wat wel ontsnap en na die berge vlug, sal soos duiwe kla. Hulle sal huil oor hulle sondes.

17. Almal se hande sal slap hang. Hulle knieë sal so swak wees soos water.

18. Hulle sal begrafnisklere aantrek en hulle aantrek met angs.Skaamte sal geskryf staan op hulle gesigte. Hulle sal hulle koppe kaal skeer.

19. “Hulle sal hulle geld weggooi soos ’n mens waardelose gemors weggooi. Want geld sal nie verlossing kan koop op die dag wat die Heresy woede afkoel nie. Dit sal hulle nie kan bevredig of hulle versadig nie. Dit was juis hulle liefde vir geld wat veroorsaak het dat hulle gestruikel het.

20. Hulle was so trots op hulle goue juweliersware, en het dit gebruik om vir hulle walglike beelde en afskuwelike afgode te maak. Dis hoekom Ek hulle rykdom afskuwelik vir hulle sal maak.

21. Ek sal dit weggee as buitvir vreemdelinge. Die slegste van die nasies sal dit onrein maak.

22. Ek sal wegkyk wanneer hierdie rowers my kosbare land binneval en dit vernietig.

23. “Maak kettings gereed vir my volk,want die land is vol bloeddeur verskriklike misdade. Jerusalem is vol geweld.

24. Die wreedste nasies bring Ek om hierdie mense se huise vir hulleself te vat. Ek beëindig die trotsheid van die sterkes; hulle heiligdomme sal ontheilig word.

25. My volk sal bewe van angs. Hulle sal na vrede soek, maar dit nêrens kry nie.

Esegiël 7