25. ’n Priester mag nooit homself besoedel deur by ’n lyk te kom nie, behalwe as dit sy pa of ma, kind of broer of ongetroude suster is. In sulke gevalle word dit toegelaat.
26. Dan mag hy weer in die tempel werk eers nadat hy hom gereinig het en dan sewe dae gewag het.
27. Die eerste dag terug by die werk, as hy die binneste hof en heiligdom ingaan, moet hy ’n sonde-offer vir homself bring, sê die oppermagtige Here.
28. “Wat grond betref, mag die priesters niks besit nie, want Ek is hulle erfdeel.
29. Hulle kos kom van die geskenke en offers wat die volk na die tempel bring, die graanoffers, sonde-offers en skuldoffers. Wat vir die Here eenkant gesit word, behoort aan die priesters.
30. Die eerste van die ryp vrugte en al die ander gawes soos die eerste deel van die graanoes wat vir die Here gebring word, gaan na die priesters. Dit moet vir die priesters van die Here gegee word sodat die Here julle huise sal seën.
31. Die priesters mag nooit vleis eet van ’n voël of dier wat vanself gevrek het of deur ’n ander dier doodgemaak is nie.”