1. Die man het my teruggebring na die ingang aan die oostekant van die buitenste muur, maar dit was gesluit.
2. Die Here het toe vir my gesê: “Hierdie ingang moet gesluit bly. Dit mag nooit weer oopgemaak word nie. Niemand mag daar ingaan nie, want die Here, die God van Israel, het daar ingegaan. Dit moet altyd gesluit bly.
3. Net die regeerder mag binne hierdie ingang gaan sit om in die Here se teenwoordigheid fees te vier. Maar hy mag net deur die ingang se voorportaal kom en gaan.”
4. Die man het my toe deur die noordelike ingang na die voorkant van die tempel geneem. Ek het gekyk en gesien dat die heerlikheid van die Here die tempel van die Here gevul het. Ek het voor Hom neergeval.