Esegiël 43:25-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. “Elke dag vir sewe dae lank moet ’n bokram, ’n jong bul en ’n ram uit jou kudde, almal sonder enige liggaamsgebrek, as ’n sonde-offer geoffer word.

26. Doen dit elke dag vir sewe dae lank om die altaar te reinig sodat dit versoening kan bring en vir heilige gebruik alleen gewy kan word.

27. Op die agtste dag, en op elke dag daarna moet die priesters die brandoffers en vrede-offers van die volk op die altaar offer. Dan sal Ek julle aanvaar, sê die oppermagtige Here.”

Esegiël 43