Esegiël 37:26-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Ek maak ’n ooreenkoms van vrede met hulle. Die ooreenkoms sal altyd geld. Ek gee hulle die land en maak hulle baie. Ek plaas my woonplek tussen hulle vir altyd.

27. My blyplek sal tussen hulle wees. Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.

28. Dan, wanneer my blyplek tussen hulle is, sal die nasies besef dat Ek, die Here, Israel vir myself eenkant gesit het as ’n heilige volk.”

Esegiël 37